Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Braai en Rugby 2023

Uitgawe 1 2023
Magazine

Hierdie is jou moet-hê braaigids vir die 2023 Rugbywêreldbeker, want rugby en braai is immers soos vinkel en koljander! Dit is ’n gewewe dat die braavleisvure naweek na naweek vir die sportgebeurtenis van die jaar aangesteek gaan word en met dié kookboektydskrif inspireer Herman Lensing jou met meer as 65 resepte vir disse wat jy oor die kole en in die vuur kan maak. Rugbylegendes deel ook staaltjies oor hul loopbaan.

DIS IN ONS BLOED… OF IS DIT?

SPEEL DIE BAL • Die belangrikste sporttoerusting vir ’n rugbywedstryd is natuurlik die rugbybal. Een van die redes vir sy ovaal vorm was om dit van die sokkerbal te onderskei, maar hierdie ontwerp help ook met hantering. Hier is ’n paar kitsfeite oor die moderne rugbybal

VUUR & VLAM • Die braai is besig om sterstatus in vandag se huishoudings aan te neem. Skuif maar daardie halwe staaldrom vol kole eenkant toe, want die moderne braai is vogue!

HIE’ KOMMIE BOKKE! • Suid-Afrikaners lag al dekades lank vir sy versteekte kameras en wilde streke wat mense tot die rand van waansin kon dryf – gereeld met ’n string kragwoorde. Dit is eintlik verbasend dat “Hie’ Kommie Bokke”, ’n rugby-liedjie wat kort voor die Wêreldbeker in 1995 uitgereik is, die absolute hoogtepunt van Leon “Schucks” Schuster se lang en kleurvolle loopbaan verteenwoordig. Ons het met almal se gunsteling-grapjas gesels.

KEN JOU BIER BETER • Daar is meer as 70 bierstyle regoor die wéreld, elkeen met sy eie smaak en voorkoms. En verskillende soorte bier, nes wyn, pas by verskillende soorte kos. Hier is agt bierstyle waarvan ek hou, asook hul pasmaat-geregte

BREKFISTYD • Dis nooit te vroeg om te braai nie. As die groot rugbywedstryd vroegoggend aanbreek, steek ’n vuur aan vir ’n heerlike ontbytkuier – alles oor die kole. Want min dinge smaak beter as boeretroos met ’n rokerige geurtjie

’N BIELIE VAN ’N BOK • Hy was een van die sterkste Springbokke wat Suid-Afrika nóg opgelewer het, maar Bakkies Botha het aan Suzanne Venter verklap dat ’n stuk biltong of ’n skeppie malvapoeding hom week maak

10 ONTBYT-BRAAIFEITE EN -WENKE

BRAAISPENS

MEDIUM - RARE! • As dit by steak en sy maats kom, bly daar maar net iets superspesiaal aan daardie sagte, geurige binnekant; ’n goeie bruin kors met ’n stukkie brosgebraaide stukkie vet; en ’n smelt-in-diemond-sous daarmee saam. Hoë hitte en goeie vleis is die sleutels tot sukses vir hierdie gewilde lekkerte

’N BEER VAN ’N BOK • As vaskopstut is Frans Malherbe ’n blok van ’n man waarop die Springbokspan staatmaak, maar Suzanne Venter het uitgevind hy het eintlik ’n sagte hart

10 STEAK-BRAAIFEITE EN -WENKE

BRAAISPENS

DIE POTTE PRUT… • Potjiekos is een van daardie vuurstaatmakers wat nie veel bekendstelling nodig het nie. Die meeste van ons het ’n familieresep wat ons weet áltyd werk, maar die swartpot kan vir soveel meer gebruik word as die klassieke bredie oor die kole

KLEIN MAAR GETREIN • Hy was nooit die grootste ou op die veld nie, maar Hennie le Roux is bekend as ’n staatmaker. En hy is mal oor ’n vleisie oor die kole, vertel hy aan Suzanne Venter

10 POTJIEKOS-FEITE EN -WENKE

BRAAISPENS

VEELSYDIGE VARK • As daar nou één vleissoort is wat ons almal gereeld oor die kole kan inspan, is dit varkvleis. Dis bekostigbaar, geurig en baie lief vir vuur. Werk slim en wees geduldig, en jy word beloon met ’n fees om te onthou

’N BOK VIR SPORTS • John Smit het 111 toetse op sy kerfstok en is die rugbyspeler wat die Bokke al die meeste kere as kaptein gelei het. Tog vertel hierdie toppresteerder aan Suzanne Venter dat hy homself nooit te ernstig sal opneem nie

10 VARKVLEIS-BRAAIFEITE EN -WENKE

BRAAISPENS

KIEP-KIEP OOR DIE KOLE • Hoender is een van die veelsydigste proteïnbronne op ons tafels. Daar is soveel snitte om van te...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans