Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad: Innovasie

UITGAWE 1 2024
Magazine

Die eerste uitgawe van Innovasie bevat die vindingrykste idees, konsepte en planne – van die impak van kunsmatige intelligensie op plaasbesluite tot maniere om die ergernis van beurtkrag tot jou voordeel te gebruik. Verdeel in 7 afdelings – algemene bestuur, alternatiewe energie, herlewingslandbou en grondgesondheid, saaiboerdery en meganisasie, tuinbou, water en besproeiing, en vee en jag – sal jy maklik vernuwende planne kan vind om jou te help om aan die voorpunt te vooruitgang te bly. Die beste planne word immers op plaasvlak gebore.

DINK SOOS ’N KAKKERLAK, WERK SOOS ’N TERMIET

Medewerkers

Landbouweekblad: Innovasie

SYFERS

Drywende sonpanele bied talle voordele

DRUPKENNIS NOU GRATIS OP WEB BESKIKBAAR

DIÉ BAKTERIE KAN STIKSTOFGAS VERMINDER

FOTODATABASIS DALK NÉT DIE DING TEEN VEEDIEFSTAL

KUNSMISTOEDIENING: 3 VERNUWINGS OP LANDBOUSKOU

NUWE ‘INSEKGOM’ SPEEL KLAAR MET PLAE

NAVORSERS MAAK TOEKOMSPLANNE TEEN ONKRUID

2100: SÓ LYK MIELIEBOERE SE PLANT-EN OESDATUMS DAN

TRANSGENIESE KOEIE TOON BELOFTE AS INSULIENFABRIEKE

Só haal KI die duimsuig uit besluitneming • In ’n era waarin tegnologie teen ’n onstuitbare tempo ontwikkel, vind elke sektor maniere om voordeel te trek uit die eindelose moontlikhede wat dit bied. Tans is kunsmatige intelligensie (KI) seker die gewildste en mees bespreekte tegnologie in die landbousektor.

KI VIR BESPROEIINGSOPLOSSINGS

Skerper beelde: Satelliete haal hommeltuie in • Wat skerp beelde betref, het hommeltuie die oorhand gehad oor satelliete, maar die bordjies word nou verhang.

Bobaas-breine bly bo in kompetisie • ’n Vindingryke veeboer van Botswana en sy dogter het byna skoonskip gemaak in vanjaar se boereplankompetisie op die Nampo-oesdag by Bothaville.

Goedkoper oplossing vir veldbrande • ’n Elektriese brandspuit wat teen minstens ’n kwart van die koste van ’n kommersiële petroleenheid bedryf word, het dalk nie soveel krag nie, maar Michris Janse van Rensburg en sy seun, Jedri, gaan nog ’n plan bedink om dié probleem te omseil.

Plattelanders wen misdaadstryd met eie app • ’n Toepassing wat help met data-aantekening om misdaadintelligensie te versterk, is ’n belangrike wapen in die stryd teen misdaad in die Laeveld.

Bêre gereedskap in bakkie se buffer • ’n Pasgemaakte buffer-en-gereedskapskis in een sorg dat André Cilliers se gereedskap en los toerusting altyd veilig bewaar word — en op die koop toe altyd byderhand is sonder dat hy agter sy bakkie se rugleuning of onder die sitplekke moet gaan soek as hy iets nodig het.

Maak Eskom jou battery • Dewald Strydom van Giraffe Farms by Krakeel was die eerste Langkloof-boer om sy oortollige sonkrag op Eskom se netwerk op te berg om te gebruik in die spitstydmaande wanneer pakhuise, verkoeling en besproeiing krag vreet.

Hoendermis speel klaar met gas • Dié braaihoenderprodusente van Worcester het onlangs die wêreld se grootste biomassaketel wat hoendermis verbrand om hul hoenderhokke te verhit, opgerig. Sodoende bespaar hulle maandeliks honderdduisende rande en hul koolstofspoor het aansienlik gekrimp.

Haal die angel uit die terugkoop van krag • Terwyl Suid-Afrika se landboubedryf nou al langer as ’n dekade energieprobleme in die vorm van beurtkrag, lasvermindering en ewig stygende tariewe die hoof moet bied, het geleenthede ontstaan vir boere om hul afhanklikheid van nasionale nutsdienste deur onafhanklike energie-oplossings te verminder.

Die natuur se 5 planne vir gesonder grond • ’n Plaas se grondgesondheid is gegrond op die ingewikkelde verhouding tussen plante en grondmikrobes. As een wankel, sal die ander volg.

’N VERSKEIDENHEID DEKGEWASSE LAAT STAPEL DIE VOORDELE OP

Regte wisselboustelsel goed vir klimaat én geldsake • Vir die...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans