Ontdek nog 'n merkwaardige kookboektydskrif deur Herman Lensing, met meer as 65 maklik-om-te-maak resepte vir die huiskok - dit sluit in vir ontbyt, middagete, aandete en soet lekkernye. Van geurige, smaakvolle geregte, wat in jou mikrogolf voorberei word tot die slim, tydbesparende voordele van jou drukkoker. Herontdek die gerief van jou “slow cooker" om trooskos moeiteloos voor te berei, en herleef ook die nostalgie van die braaipan. Plus, span jou lugbraaier beter in om jou kosmaakvaardighede na nuwe hoogtes neem. Met hierdie kombuiskatoeters, wat die toets van tyd weerstaan het, transformeer Herman alledaagse kos in gourmet-disse.
REDBRIEF
ONS HOU VAN …
JAWAAHIER PETERSEN MEER AS NET 'N MOOI GESIG • As jy die eerste keer vir Jawaahier Petersen ontmoet, raak jy sommer halsoorkop verlief. Sy is sag, slim en supertalentvol. Sy woeker kliphard met haar talente en vir haar is die lewe tot boordens toe vol. Sy is “die hele tafel” wat álles kan doen, selfs kook
KOM ONS VAT KORTPAD • Die kortpad-kombuis is gevul met allerhande lekkertes en katoeters om jou lewe makliker en vinniger te maak. Die mikrogolf, die lugbraaier en alles tussenin is jou vriende om tyd te spaar en gou-gou lekker kos op die tafel te sit. Al hierdie katoeters beloof twee dinge: meer tyd vir jouself en jou gesin en geurige kos. Volg ons raad en resepte en jy is verseker van ’n tafel wat kreun van lekkerte!
VAN SOUT & ASYN TOT WETENSKAP • Voedseltegnologie is ’n onontbeerlike deel van ons daaglikse lewens. Dis die taak van voedseltegnoloë wêreldwyd om te sorg dat ons minder kos mors en produkte van hoë gehalte kry om aan al ons leefstylvereistes te voldoen. Prof. Gunnar Sigge van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch gesels met Suzanne Venter oor die nuutste neigings
SPAAR SÓ TYD • Die kombuis is vir baie van ons die plek waar ons ontspan en onsself geniet, maar vir ander is dit ’n gedoente wat nie natuurlik kom nie. Hier is ’n paar wenke om die proses vir jou makliker te maak
VINNIG KLAAR • Die mikrogolf het die toets van tyd deurstaan, of jy nou ’n aanhanger is of nie. Vir lank het ek gedink ’n mens kan niks meer daarin doen as melk warm maak nie, maar glo my: Gebruik jy die regte stelling en goeie bestanddele, sal jy verbaas wees oor wat jy alles daarmee kan regkry
HMMM, MIKROGOLF
ALLES IN EEN PAN • Die 21ste eeu behoort dalk aan die lugbraaier, maar die opwinding oor dié tegnologie kom nie naby die opslae wat die elektriese braaipan van die 70’s gemaak het nie. En boonop is dit deesdae weer oral te sien – in ’n moderne rok!
DÍS NOU ’N BLINK P(L)AN!
STADIG SONDER MOEITE • Die prutpot, beter bekend as die slow cooker, los moeiteloos teen sy eie pas vir jou die geskenk van heerlike kos. Beplan mooi, en jy kan die vreugde van allerhande bredies en stowegeregte geniet. Die beste nuus: Al kook die kos oor ’n lang tyd, bly die kragverbruik baie laag
PRUT-PRUT SO
ONDER DRUK, VOL GEUR • Die drukkoker is al eeue lank deel van ons kombuise. Dit help ons om goedkoop of taai snitte vleis gou sag te kook. Maar dit gee ook groot smaak aan kos, want onder hoë druk neem proteïene makliker geur op. Ja, alles waar. Kom stoom saam!
ONDER DRUK
LAAT WAAI! • Die lugbraaier is die ster van ons tyd – sy staan haar man in die kortpadkombuis en stel selde teleur. Met slim tegnieke kan jy heerlike kos maak wat min moeite vra en jou baie tyd spaar
IN 'N JAPTRAP
Kortpaaie - Spesiale kookboektydskrif saamgestel deur Herman Lensing