Vergeet van uithongerdiëte. As jy een van die derduisende vroue bo 45 is, wat gewig aangesit het weens menopouse, is hierdie tydskrif ideaal om weer jou gewigsverlies op koers te kry. Skud dit Af! verduidelik presies hoekom jy jou eetgewoontes moet verander om minder koolhidrate en meer proteïene te eet, en help jou om die verandering te maak met bladsye en bladsye vol smaaklike resepte. Lees ook die inspirerende verhale van vroue wat by dieselfde kruispad as jy gekom het. Skud dit Af! word in samewerking met Fair Lady en Lose It! uitgegee.
VRYWARING
Skud dit Af!
Welkom!
Wat’s nuut
Ontmoet die kenners
LAE KOOLHIDRATE NÁ 45? DIT MAAK SIN! • Om minder koolhidrate en meer gesonde vette te eet bied verskeie gesondheids-voordele. Dit bied ook oplossings vir verouderingskwessies soos lae energie en hormonale wanbalans. Hier is ses uitstekende redes om dit te beproef.
LIEF VIR DIE MENS IN DIE SPIEËL • Toe haar seun se troue in 2021 vervroeg is, wou Helouise Fourie dringend gewig verloor. Danksy keto en onderbroke vas is sy nou 26kg ligter.
6 DINGE OOR GEWIGSVERLIES NÁ 45 WAT ONWAAR IS • Ja, dit word moeiliker om oortollige kilo’s af te skud namate jy ouer word, maar nie noodwendig om die redes wat jy dink nie. En die oplossing is dalk nie wat vriende en die internet vir jou sê nie.
KRY DIE MAKSIMUM UIT MAKRO’S • Kitsdiëte is berug daarvoor dat hulle baie belowe en min bied, en dit is onmoontlik om op die lang duur daarby te hou. Onthou altyd: om gewig te verloor, moet jy kos eet wat gesond, lekker en volhoubaar is. Die goeie nuus is dat dit redelik eenvoudig is om te doen sodra jy jou ideale makro-verhouding bepaal het.
Ons top-8 MIDDEL-JARE-HELDE • Dis nooit maklik om gewig af te skud nie, maar dit voel byna onmoontlik as jy ouer word. Laat hierdie gesondheid-en fiksheidkenners jou inspireer.
MEER AS NET BANTING • Helen Batting het 22kg in sewe maande afgeskud. Sy vertel ons hoe sy in die agt jaar sedertdien daardie gewig afgehou het en nóg 3 kg verloor het!
JOU BENE, BREIN EN MIKROBIOOM ná 45 • Wees betyds bewus van moontlike probleemareas sodat jou lyf en verstand op hul beste kan bly.
10 KOSSE WAT GEWIGS-VERLIES KEER • Dis moeilik om gewig af te skud, maar dit beteken nie dis onmoontlik nie. Hier is 10 kosse wat jy moet vermy.
HOË PROTEÏEN VS HOË VET WATTER EEN IS BETER VIR JOU? • Baie lae-koolhidraat-kenners is nou ten gunste van meer proteïen in jou dieet, veral vir vroue ouer as 45 wat gewig wil verloor. Hier is die redes daarvoor.
Op ’n DRAFSTAP! • Jy dink dalk nie aan stap as goeie oefening nie, maar ’n stappie per dag kan jou lewe verander.
FLINK OP PAD NA BETER GESONDHEID • Danksy keto en onderbroke vas, is Rugaya Ackers 18kg ligter an voel sy jare jonger as haar werklike ouderdom van 66.
DIE WARE FEITE OOR LEKKENDE DERM • Dermdeurdringbaarheid (oftewel ‘leaky gut’) klink grillerig, en dit is, maar dit kan ook jou gesondheid verwoes.
DINK VOOR JY DRINK! • Baie van ons geniet ’n glas wyn saam met ete of aan die einde van ’n lang dag. Hou altyd egter in gedagte dat dit ’n groot invloed op jou gesondheid én jou gewigsverlies het…
VERBETER JOU LEWE MET ONDERBROKE VAS • Asof slapeloosheid, warm gloede en ’n wasige brein nie genoeg was nie, is daar ook die feit dat jy ná 45 nie net makliker gewig aansit nie, maar dit ook moeiliker verloor. Maar dit hoef nie so te wees nie! Daar is ’n geheime wapen om jou gewigsverlies te versnel: onderbroke vas.
EET EN BLY LANGER VERSADIG • Baie mense glo steeds jy moet honger ly om gewig te verloor. Bog! Eet vir hoë versadiging fokus op ’n eetplan met voedsame kos wat laag in kalorieë is, maar jou langer vol laat voel.
PLUK DIE VRUG...