ALLES is a new gear-and-gadgets magazine in the Media24 group. This Afrikaans publication focuses on technology with a strong lifestyle angle. It features the latest in the tech world and what you need to work and play hard.
AGTERTOE EN VORENTOE
ALLES
Uit die vorige uitgawe
Dertienjarige word eerste speler wat Tetris ‘wen’ • Enkele maande voor die legkaart-speletjie se 40ste verjaardag, het ’n tiener die eerste mens in die geskiedenis geword wat Tetris wen. Slegs kunsmatige intelligensie kon dit to dusver regkry.
Eerste motor sonder agterruit op paaie
Eerste mens kry rekenaarskyfie in die brein
Liewe Ma. .. • Met Moedersdag net om die draai, het ALLES die winkels ingevaar om ’n geskenk-voorstel vir elke begroting te kry.
IN GESPREK MET • Hoe gaan kunsmatige intelligensie veral die media beïnvloed? Gerda Engelbrecht van ALLES gesels met Charlene Rolls, Media24 se projekhoof oor KI-inisiatiewe.
JAN VAN DER MERWE, DIE SKOT EN DIE KI-KOMEDIANT … • Kunsmatige Intelligensie (KI) kan ’n skaflike opsomming van ’n artikel gee en finansiële state evalueer. Maar kan dit ’n grap vertel of ’n simfonie komponeer? Die antwoord is toenemend: Ja!
ALLES
MOENIE DAT KI JOU VANG NIE • Dis ongelukkig makliker as ooit om ’n klomp fopnuus die wêreld in te stuur. Dís waarvoor jy moet uitkyk.
Hier is algemene wenke om te keer dat jy deur KI ingeloop word
GAAN KI MY WERK STEEL? • DIE KORT ANTWOORD IS: MISKIEN.
SIEN DUBBEL • Die rekenaarreus Asus het in Januarie vanjaar die nuwe weergawe van die Asus Zenbook Duo bekendgestel, en dit is ’n tweeling met woema
DIE EERSTE TREE TEEN FOTODIEFSTAL • Die Leica M11-P is die eerste kamera met ingeboude veiligheidsmaatreëls wat verhoed dat ’n fotograaf se werk digitaal gesteel word sonder kopiereg-erkenning, of vir diepvervalsings gebruik word. Dit lyk ook besonder stylvol.
KNAP KALANT • Aanhangers van DJI se Osmo Pocket-reeks het lank gevra vir ’n nuwe weergawe van dié buksie, en is nie teleurgesteld nie. Die Osmo Pocket 3 het einde 2023 sy buiging gemaak en vloggers is in hul noppies.
IN SY WEB • Die tweede weergawe van die rekenaarspeletjie Marvel’s Spider-Man het alles waarvan Spidey-aanhangers kan droom: Peter Parker as die klassieke Spider-Man, Miles Morales as die moderne Spider-Man, ou én nuwe skurke, en die opwinding van New York wat in detail weergegee word.
As jou iPhone voete kry • Sedert Februarie 2024 kry die iPhone ’n nuwe veiligheidskenmerk: Stolen Device Protection (SDP). Dit keer dat foondiewe toegang tot sensitiewe inligting op jou foon kry of dit gebruik vir ongemagtigde transaksies. Jy sal toegang tot hierdie kenmerk hê as jy opgradeer na iOS 17.3. Aktiveer dit as ’n ekstra laag sekerheid om jou en jou iPhone te beskerm.
EN TOG DIE DEUNTJIE DRAAI • Te midde van ’n skuif na digitale media en aanlyn musiekstromingsplatforms, is daar ’n musiekformaat wat nou vir 17 jaar in ’n ry wêreldwyd jaar-op-jaar groei getoon het. Langspeelplate! En dis nie (net) die gryskop Boomers wat agter die hedendaagse viniel-obsessie sit nie. In die aanloop tot Internasionale Platewinkeldag op 30 April (die derde Saterdag van elke April), het Gerda Engelbrecht in ’n paar platewinkels gaan snuffel.
Die top-tien-plateverkopers wêreldwyd in 2023
Die 50 gewildste plate onder versamelaars wêreldwyd in 2023
Waar koop jy in SA?
Is dit iets werd? • Die kissie in die garage met jou ouers se plateversameling is dalk iets werd, maar nie soveel dat jy sal kan aftree nie. Hier is egter ’n paar van die plate wat wel ’n fortuin werd is. Die lys is saamgestel deur die Britse tydskrif Long Live Vinyl op grond van die hoogste pryse wat op veilings behaal is.
Maak ’n draai! • Daar is verskeie opsies in verskillende prysklasse beskikbaar as...