ALLES is a new gear-and-gadgets magazine in the Media24 group. This Afrikaans publication focuses on technology with a strong lifestyle angle. It features the latest in the tech world and what you need to work and play hard.
SIT WROEMA IN DIE EKONOMIE
ALLES
BRIEF VAN DIE REDAKTEUR
Australië wil kinders sosiale media belet • Australië sal dalk die eerste land ter wêreld word wat kinders jonger as 16 van sosiale media-platforms soos TikTok, Instagram, X en Facebook verbied.
VSA stuit DJI-hommeltuie by die grens • Die Amerikaanse regering gebruik ’n wet teen die gebruik van gedwonge arbeid om te keer dat nuwe DJI-hommeltuie die land binnekom, het die Chinese vervaardiger aan Reuters gesê.
HALLO, 2025 • Terwyl ons besig is met die laaste koorsagtige spertye in 2024, het ALLES gaan uitvind wat die grootste rolspelers in elke bedryf vir die nuwe jaar voorspel.
6 000 KM OP SKOON ENERGIE • ’n Groep Maties het onlangs met ’n son-aangedrewe batterymotorfiets die 6 000 km tussen Nairobi, Kenia, en Stellenbosch afgelê. “Skoon energie is nie ’n toekomsdroom nie, dis hier en dis haalbaar,” het Stephan Lacock en prof. Thinus Booysen aan Gerda Engelbrecht gesê.
'N REKENAAR WAT DIE HOU KAN VAT • As jy al ooit gewens het vir ’n rekenaar so taai soos ’n Springbok-voorspeler, so vinnig soos ’n Springbok-vleuel en so veerlig soos ’n kannetjie by die laerskole se Cravenweek, is die Asus ProArt PZ13 dalk die een vir jou. Dis ’n masjien wat kan werk én speel.
’n Hommeltuig in jou handpalm • DJI se jongste produk, die Neo, is ’n beginner se droom.
Die beste kameras onder R30 000 • As jy op soek is na ’n kamera wat net-net meer bied as ’n intreevlak-buksie, is hier ’n paar opsies om te oorweeg.
NUWEJAAR, NUWE MODELLE • GoPro en DJI het in September oudergewoonte die nuwe modelle van hul aksiekameras uitgereik, die GoPro13 en die DJI Action5. Watter een is tans die beste op die mark?
AGTER die SLUIER • Die langverwagte vierde aflewering in die Dragon Age-reeks is einde Oktober deur BioWare en Electronic Arts uitgereik.
DIE FENIX8 KRY VLERKE • Garmin het onlangs die eerste nuwe model van sy premiumsporthorlosie, die Fenix, bekendgestel. Die vorige model, die Fenix 7, het in 2022 sy verskyning gemaak. Die Fenix 8 het ’n paar belangrike nuwe eienskappe gekry.
PAK 2025 BY DIE HORINGS • Fikser, maerder, gelukkiger, slimmer?… Die media is lief daarvoor om rondom 1 Januarie “’n nuwe jaar, ’n nuwe jy” uit te roep. Hier is praktiese en realistiese maniere om jou lewe in 2025 te verbeter.
HOU BENE HOU! • In ’n jaar waarin vroue verskeie wêreldrekords op die Olimpiese Spele laat spat het, het een van die grootste sportprestasies byna ongemerk verbygegaan. Tara Dower het die vinnigste tyd opgestel op die Appalachiese roete (kortweg die AT). Sy het die moordende 2 197 myl (meer as 3 500 kilometer) in 40 dae, 18 uur en 5 minute afgelê.
AAN HAAR VOETE • Tara word geborg deur die Amerikaanse skoenvervaardiger Altra en het vir dié rekordpoging ’n verskeidenheid van Altra Olympus-en Altra Lone Peak-modelle gedra.
NIE 'N VOET VERKEERD NIE • Salomon het die oog gevang met ’n nuweling in hul innoverende S/LAB-reeks, die S/LAB Ultra Glide, wat die afgelope ruk by die moordende veldloop-byeenkoms die Ultra-Trail du Mont-Blanc (oftewel die UTMB) in Chamonix bekend gestel is.
BEDERF JOU VOETE • Die Salomon S/Lab Ultra Glide is fantastiese skoene, maar nie in almal se prysklas nie. Hier is ander Salomon-opsies wat jy ook kan oorweeg.
STAP jouself gesond • Stap is van die beste medisyne wat deur die eeue al deur skrywers, komponiste, filosowe én gewone mense gebruik is om liggaam en gees te voed. Dit is gratis – al wat jy moet doen, is om te begin… en aan te hou, elke dag. Een voet voor die...